Brooklyn Kings County | |
---|---|
Borough | |
Uitsig oor die Brooklyn-brug en Brooklyn Downtown | |
Kaart van New York wat Brooklyn in oranje aandui. | |
Koördinate: 40°37′29″N 73°57′8″W / 40.62472°N 73.95222°W | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | New York |
County | Kings |
Stad | New York Stad |
Stigting | 1634 |
Regering | |
• Tipe | Borough (Stadsdeel) |
• President van die Stadsdeel | Eric Adams (D) |
• Prokureur van die Distrik | Charles Hynes |
Oppervlak | |
• Totaal | 251,0 km2 (96,90 vk. myl) |
• Land | 182,9 km2 (70,61 vk. myl) |
• Water | 68,1 km2 (26,29 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 2 565 635 |
• Digtheid | 14,037/km2 (36,356/vk. myl) |
Tydsone | UTC-5 (OST) |
Poskode | 112 |
Skakelkodes | 347, 718, 917, 929 |
Webwerf | www.Brooklyn-USA.org |
Brooklyn is een van die vyf stadsdele (Engels: boroughs) van New York in die Verenigde State van Amerika. Met meer as 2,5 miljoen mense het Brooklyn meer inwoners as enige van die ander stadsdele, hoewel dit die tweede grootste in terme van oppervlakte is. Brooklyn is op die westelike deel van Long Island geleë. Die East River skei dit van Manhattan. Brookyn se enigste landsgebonde grens is met Queens.
Brooklyn is 'n nywerheids- en hawegebied. Dit is bekend as ’n deel van die stad waar mense van baie verskillende rasse woon. Mense van Brooklyn het dikwels ’n sterk aksent wat maklik herkenbaar is.[1]